The best response from a client, yet! Back
We received this email from Deon Mocke after getting involved with the marketing and branding their Outeniqua Farmers' Market in George. This is probably the best and dearest letter we've ever received:
"Hi Casper en Benita,
Julle is die wonderlikste twee mense wat ek ooit in een jaar ontmoet het. Beide ek en Kobie geniet julle baie.
Julle werk het my verstom. Aanvanklik het ek gedink dit is normaal – onthou ek kom uit die Karoo en ek het nie veel van `n verwysingsveld nie.
Ons verwysingsveld was dit wat in die natuur gebeur het.
As die liewe Vader besluit het dit was tyd om ons `n bietjie reen te stuur was SY advertensie-veldtog baie subtiel. Jy, as boorling van die Karoo, moes die tekens reg kon lees.
Reentekens was as volg ge-adverteer:
(i) Die son moes die Cirrus wolke kleur (spektrum) .
(ii) `n Kring om die maan.
(iii) Die geitjies moes in die aand klik-klik.
(iv) Die Dikkop- voel moes in die nag skree.
(v) Die rysmiere moes hul gaatjies toepleister, maar daar moes `n stokkie-“ periskoop” wees, anders is dit wind.
(vi) Die swart reengoggatjie moes uitbundig vladder.
Die tekens (advertensieveldtog) moes elke dag voor gesoek word. Dit reen immers net een keer elke sewe jaar in die Karoo goed!!
So, dankie vir julle uitmuntende reklame-werk! Ek besef nou dat julle werk van wereldgehalte is. Soos ek gehoor het van kommentaar oor julle werk het ek doelbewus begin oplet in Kaapstad, tydskrifte, televisie en waar reklamewerk ter sprake is. Die Scolly`s is `n “potent” pakkie!!
Groete en `n suksesvolle 2012 word u toegewens.
DEON en KOBIE"

